·
Johan
·

·
OFFLINE
·
Pillion-friendly
·

·
Posts: 456
|
Saterdagoggend het ons optyd 6vm by Frankfurt geland en sommer vroeg
ons kit ontvang op die carousel. Ons fiets sou eers 10vm gereed wees en het onsself probeer vermaak op die lughawe om tyd
te verwyl. Wel, 'n lughawe kan net so interessant wees en teen 7vn is ons
uitgekuier en gaan soek 'n taxi om ons 'rustig' na die fietsplek te neem,
sowat 18km verder.
Die 'rustig' is toe nie so nie want ons beland op die autobahn en hy besef
hierdie rit gaan vir hom tydmors wees. Met 'n E-klas Merc maak hy gatskoon in
die linkerbaan (die vinnige een) teen +210km tot by die afrit. Ewenwel, hy
laai ons toe af by die fietsplekingang om 7h30 - twee-en-'n-halfuur te vroeg
en teen 35 Euro later. Gelukkig is daar 'n McDonalds om die hoek en ons drink
laaaank koffie om die tyd om te kry.
Ja, hierdie poster vertel die regte storie.

By die fietsplek ontmoet ons vir Joe, 'n Amerikaner wat by Lufthansa in
Frankfurt werk en net motorfiets ry. Hy vertel ons dat dit die volgende dag
gaan reen en hoop ons het reenpakke. Ons gesels tot die deure om 10vm oopmaak
en toe ons vertrek ry hy sowat 60km saam ons en breek toe weg op sy eie
rigting. Nice kerel, die Joe.
Die rit vanaf Frankfurt na Lausanne is vervelig soos enige snelweg maar is,
behalwe dat ons op 'n autobahn is en waar moontlik ry ons gemaklik teen sowat
160km/h. By die grens met Switzerland moet ons 'n tol-'tag' koop teen 40
Frank en brandstof ingooi teen 1.73 Frank. Hierdie land is flippen duur.
Nadat ons by die lodge ingeboek het gaan stap ons en drink 'n Heineken by 'n
straatkafee. Natuurlik die kamera in die kamer vergeet. Hier word 250ml
Henekens verkoop @ F8.9 vir 2. Ons het elk 2 gedrink, ons gebruiklike broodjie,
kaas, ham en tamatie gekoop vir bereiding in die kamer en ook 'n 2003 Spaanse
Cabernet om saam die aandete te geniet. Die Cabernet duurder as al die kos
saam, maar wat ons prioriteite is reg!
Sondagoggend toe ons wakker word toe sous dit... Dem Amerikaner. hy was reg!!
Na ontbyt moet ons pad vat want die tyd wag nie vir ons nie. By die fiets in
die parkeergarage trek ons reenpakke aan. Die reen gaan mos nie lank hou nie.

Eers ry ons die scenic roete al langs die meer. Eintlik is dit eerder 'n see
so groot. Maar die reen wil nie wyk nie en die System-6 se blerrie visor hou
aan opwasem. Die ding het mos so'n los inner en die wasem is tussen die twee.
Daar waar vingers nie kan inkom nie. Nouja, die linkerkant wasem meer op as
die regterkant en kyk ek toe meer met die regteroog as met die linkeroog -
julle verstaan mos?
Toe ons toe die bergpad begin trek ons af om die tenk vol te maak - weer @
F1.73, eina. En toe waai die los inner van die visor en kan ek weer met albei
oe sien. Aan die linkerkant is wingerde en regs die meer, beeldskoon mooi.
Net jammer vir die reen

(Ek het my bes probeer om die treinspoordrade uit die kiekie te haal maar
hulle wou nie skuif nie).
Ongelukkig, weens die reen kon ons nie baie foto's
neem nie. Een ou klein druppeltjie en die hele lens is papnat. Trudie het in
die ry geneem en ons sal dit later aflaai.
Ons moes net stop vir 'n moerkoffie voor die pad ernstig raak en om vir 'n
kort wyle uit die reen te ontsnap.

En toe begin die moeder van alle passe. Julle wat in SA passe geniet moet
hier kom ry! Die A2 snelweg is brug op tonnel op brug op tonnel seker
gemaklik om te ry maar ons verkies toe die ou pad deur die Alpe tot by Luganu
Nord waar ons vanaand oornag.
Hierdie pas is meer as 150km lank en elke haarnaalddraai verlang eerste rat!
Ongelukkig het die wolke laag gehang en kon ons nie veel van die natuurskoon
geniet nie. Daar is plekke om te stop vir uitsig maar niks te sien nie, net
wit, wit en wit. En dan die reen wat nie wyk nie.
Hierdie was die mees uitdagende rit wat ek ooit op 'n fiets gehad het. Enige
visor wasem mos op as jy stadig ry. En hou hom een knippie oop dan kom die
reen van bo in en jou bril word ook nat. En die wolke wat o;p jou neerstort
en die draaie en die heeltyd se klim... tot by 2441m toe ons die sneeu langs
die pad kry.

Dit is toe ook al vrek koud - 8grade C. Nie so koud in teorie nie maar ons
het hier ook besef reenpakke wat al 4 jaar oud is is nie meer effektief nie.
Ons ryklere onder is deurnat en net die inner baadjie wat ons bolywe droog
hou. Alles help dat ons bibber.
Toe begin ons daal en het nie meer enjinkrag nodig
vir die voortgaan nie maar enjinkompressie! Teen derde en soms vierde rat.
Ja, ons het heelhuids anderkant uitgekom en kan die storie vertel. Sal net
graag weer daardie pas wil ry in mooiweer...
... as die Amerikaner Joe net nie weer gaan se dit gaan die volgende dag reen
nie.
·
Wahl
·

·
OFFLINE
·
Licensed to ride
·

·
Posts: 82
|
Hoe se hulle op die ander forums -
Subscribe. Ek dink dit gaan lekker lees wees
|
Reply Quote
|
Re: EUROPA 2011 - Johan & Trudie 17 Jul 2011 20:13 #10833
·
DaveS
·

·
OFFLINE
·
Pillion-friendly
·

·
Posts: 223
|
Wahl wrote:
Hoe se hulle op die ander forums - Subscribe.
Ek dink dit gaan lekker lees wees
Subscribed too - but considering the 'report to moderator' option because
this thread is not fair to the rest of us!!
|
IF YOU NEED A
SHOULDER TO CRY ON - PULL OVER TO THE SIDE OF THE ROAD!
Be who you are and say what you feel...because those that matter don't
mind...and those that mind...don't matter!
Reply Quote
|
Re: EUROPA 2011 - Johan & Trudie 17 Jul 2011 20:23 #10834
- DaveS

- OFFLINE
- Pillion-friendly

- Posts: 223
|
Hmmf! DotP hier.... ek is erg
jaloers (groen - bottelgroen) maar jinne man, kan nie wag vir die volgende
'up date' nie. Ek soek hoeka 'n lekker lees ding... My liewe liewe vriende
- geniet elke oomblik hoor en stuur 'kiekies' - sommer baaaaie!
|
IF YOU NEED A
SHOULDER TO CRY ON - PULL OVER TO THE SIDE OF THE ROAD!
Be who you are and say what you feel...because those that matter don't mind...and
those that mind...don't matter!
Last Edit: 17 Jul 2011 20:24 by DaveS.
Reply Quote
|
Re: EUROPA 2011 - Johan & Trudie 17 Jul 2011 21:08 #10835
- GSing

- OFFLINE
- Pillion-friendly

- Posts: 130
|
Ons hou julle dop. Geniet dit
baie!!
|
Reply Quote
|
Re: EUROPA 2011 - Johan & Trudie 17 Jul 2011 21:33 #10836
|
Abe se julle moes dai trippe op 'n
Bmw C1, hy het darem 'n dak en 'n ruitweer, en hy het nog twee wiele 
We thinking of you enjoy enjoy enjoy!!!!!!!
|
Reply Quote
|
Re: EUROPA 2011 - Johan & Trudie 17 Jul 2011 22:00 #10838
- Johann S

- OFFLINE
- Licensed to ride

- Posts: 67
|
Jammer van die
baie reen. Hoop julle kry gou meer son of nuwe reenjasse.
Geniet elke oomblik en hou die blink kant bo!! Is lekker jaloers....
|
Reply Quote
|
Re: EUROPA 2011 - Johan & Trudie 18 Jul 2011 12:17 #10853
Re: EUROPA 2011 - Johan & Trudie 18 Jul 2011 12:29 #10858
Re: EUROPA 2011 - Johan & Trudie 18 Jul 2011 12:35 #10859
- Daleen

- OFFLINE
- Pillion-friendly

- Posts: 438
|
Klink heerlik! Baie jaloers, maar
wag vir die volgende aflewering! Enjoy!
|
|
|
|
·
VKFrikLT
·

·
OFFLINE
·
Licensed to ride
·

·
Posts: 58
|
Hi Johan ,
Trudie, mooi ry en geniet dit lyk Jagermeister koud.
|
|
Reply Quote
|
|
|
|
|
|
Re: EUROPA 2011 - Johan & Trudie 18 Jul 2011 18:58 #10865
·
Marnus
·

·
OFFLINE
·
Stunt Rider
·

·
Posts: 915
|
Hmmm 150km... laat
die '22' soos baba-taal klink...
|
Reply Quote
|
Re: EUROPA 2011 - Johan & Trudie 18 Jul 2011 19:48 #10868
·
LeRoyOlivier
·

·
OFFLINE
·
Stunt Rider
·

·
Posts: 608
|
Geniet dit - vreemde
ervaring/avontuur om bike in ander land te huur en daar te gaan rondry. Wou
dit nou in Switserland gedoen het maar was net te duur. Sal maar wag vir J
& T se daaglikse/gereelde updates. 
|
Reply Quote
|
Re: EUROPA 2011 - Johan & Trudie 18 Jul 2011 22:06 #10880
Re: EUROPA 2011 - Johan & Trudie 18 Jul 2011 22:33 #10883
·
Johann S
·

·
OFFLINE
·
Licensed to ride
·

·
Posts: 67
|
Oulike RT war daar buite wag!!
Lyk of die weer nou sy kant bring. Julle moet
lekker jol!!
Was daar speed humps in daardie smal strate? LOL
|
Reply Quote
|
Re: EUROPA 2011 - Johan & Trudie 18 Jul 2011 22:43 #10884
·
DaveS
·

·
OFFLINE
·
Pillion-friendly
·

·
Posts: 223
|
Johan - did you take the aerotrim
with or was it on the bike?
|
IF YOU NEED A
SHOULDER TO CRY ON - PULL OVER TO THE SIDE OF THE ROAD!
Be who you are and say what you feel...because those that matter don't
mind...and those that mind...don't matter!
Reply Quote
|
Re: EUROPA 2011 - Johan & Trudie 18 Jul 2011 22:59 #10885
·
Johan
·

·
OFFLINE
·
Pillion-friendly
·

·
Posts: 456
|
Nee Johann, geen speed humps nie.
Dis ordentlike mense wat hier woon. 
Dave. I took the Aerotrim with. Knowing the RT's standard screen is too low
for normal people. 
And I forgot to include the following into the previous update.
On our way to Pisa we passed the coastal town of Carrara where I once spent
a week learning everything on granite cutting & polishing. I thought to
give Trudie a taste of the Mediterranian as I do not know when ever the
opportunity will arise in future.
She on her way to the surf

and wetting her toes while I work on my appetite.  

|
I live to
please, but don\'t always succeed
Reply Quote
|
Re: EUROPA 2011 - Johan & Trudie 19 Jul 2011 09:34 #10893
·
Chris
·

·
OFFLINE
·
Pillion-friendly
·

·
Posts: 180
|
Magnificent, Johan & Trudie.
Enjoy and return safely.

|
Don’t run with
scissors
Reply Quote
|
Re: EUROPA 2011 - Johan & Trudie 19 Jul 2011 19:48 #10903
·
LeRoyOlivier
·

·
OFFLINE
·
Stunt Rider
·

·
Posts: 608
|
Apetite - OK - waar is die ander fotos van die strand?????
|
Reply Quote
|
Re: EUROPA 2011 - Johan & Trudie 20 Jul 2011 07:27 #10913
|
·
Johan
·

·
OFFLINE
·
Pillion-friendly
·

·
Posts: 456
|
LeRoyOlivier wrote:
Apetite - OK - waar is die
ander fotos van die strand?????
Pervert!!     
|
|
|
|
|
Eeeeeendag.......as ek grooooot
is.......wil ek so gaan rond toer!! Geniet dit!! Dankie vir al die mooi
foto's en "updates"!!
|
|
Reply Quote
|
|
|
|
|
|
Re: EUROPA 2011 - Johan & Trudie 20 Jul 2011 17:33 #10931
·
deonp
·

·
OFFLINE
·
Pillion-friendly
·

·
Posts: 201
|
Looks wonderful !
Thanks for the report back
Wish I could have joined you guys
Have a great time !!
ENJOY !!
|
Reply Quote
|
Re: EUROPA 2011 - Johan & Trudie 20 Jul 2011 17:59 #10935
·
Marnus
·

·
OFFLINE
·
Stunt Rider
·

·
Posts: 915
|
Johan wrote:
LeRoyOlivier
wrote:
Apetite - OK - waar is die
ander fotos van die strand?????
Pervert!!     
Ja nee... toe ek daardie foto sien was die eerste gedagte by my: Ek sal
graag met my bike in daai klippe wil gaan ry. Sien nou eers daar is mense
wat le en tan!
|
Reply Quote
|
Re: EUROPA 2011 - Johan & Trudie 20 Jul 2011 18:01 #10936
·
GSing
·

·
OFFLINE
·
Pillion-friendly
·

·
Posts: 130
|
Johan, waar's ons update vir die
dag????
|
Reply Quote
|
Re: EUROPA 2011 - Johan & Trudie 20 Jul 2011 18:31 #10942
|